Local newsNewsUpdate

Verkenners bring Oom Paul se koets huis toe

'n Weergawe van 'Oom' Paul Kruger se koets word op Paardekraal gevestig.

Die Verkennersbeweging van Suid-Afrika sien daarna uit om ‘Oom’ Paul Kruger se koets uiteindelik op sy geregtelike plek te vestig.

So het sê vise-president Sid Mann. Hy het onlangs die storie van dié koets met die record gedeel. Die koets wat op Saterdag 11 Oktober op die Paardekraal feesgronde by die Paardekraal Monument gevestig en ingehuldig gaan word is ‘n identiese replika van Paul Kruger se oorspronklike koets.

“Die replika is vir die Paardekraal feeskommissie ‘n klompie jare gelede gebou.

“Aangesien daar daardie tyd nie ‘n veilige manier was om die koets hierheen te bring nie en ook nie beveiliging en beskerming van die koets kon verseker nie, is dit nooit hier gevestig nie.

“Paul Foster wat Action Ford in Krugersdorp besit, het dié koets vir ‘n paar jaar op sy perseel vir ons veilig gehou.

“Hy het onlangs na ‘n nuwe perseel in Monument getrek en kon die koets nie veel langer hou nie.”

Mann vertel dat die Verkenners toe aan die werk gespring het om ‘n staanplek vir die koets te reël, wat befonds is deur die Paardekraal feeskommissie.

“Ons gaan oor die komende naweek voor die Verkennersfees die Paardekraal Museum afrond en reg maak vir die koets.”

Volgens Mann sal die koets daardie Saterdag met perde na die Paardekraal feesterrein gebring word.

“Daar sal ‘n konvooi voertuie wees wat dit volg en ons sal vlae laat wapper.”

Die Verkenners veg om Afrikaner geskiedenis en kultuur te behou en onthou. Die Verkennersbeweging is op 19 Oktober 1989 gestig en sal die naweek van 9 tot 12 Oktober hul 25ste bestaansjaar vier op die Paardekraal feesterrein. Vir verdere inligting kontak Sid Mann by 083 227 3260.

Related Articles

Back to top button