NewsSchools

Oelofse-susters hou Florrie-naam hoog

Niks keer dié twee sussies om hul merk te maak nie.

Nicole en Caitlin Oelofse, albei Graad 6- en 7-leerlinge aan Laerskool Florida, hou met trots die Florrie-naam hoog.

Dié twee het die afgelope jaar puik presteer op kultuur- én sportgebied. Caitlin is ook verkies tot hoofleier by Laerskool Florida.

“Albei het in April aan die Super 12- en ATKV-redenaarskompetisie deelgeneem,” vertel hul ma Ethne Oelofse.

“Hulle sal ook later aan die Redeneersfees by Laerskool Dr Havinga en aan die Kansvatter Redenaarskompetisie by Hoërskool Montana deelneem.

“Boonop is albei lede van Laerskool Florida se senior koor.”

Die susters het aanhou hoog mik. In Mei het hulle vir hul puik klavierspel met drie trofees elk by Hoërskool Florida se musiek Eisteddfod onder leiding van Erasmie Olivier weggestap. Caitlin het nóg drie trofees verwerf vir haar sangsolo’s wat begelei is deur Elma Hofmeyer.

In Julie het albei aan die RAK-kunswedstryd deelgeneem waar Caitlin twee A++ en Nicole een A verwerf het vir hul gedigte. In die Afrikaanse en Engelse spreekkore waarvan hulle deel gevorm het verwerf hulle nog ‘n A+ en drie A++ sertifikate.

Selfs in Augustus het die sussies hulself besig gehou met Hoërskool Monument se Eisteddfod waar elkeen vir klavierspel ‘n A+ en A++ verwerf het. In Pretoria het hul aan die Super 12 Bybelvasvra deelgeneem en by Hoërskool Florida aan die Babbelfees (groepsredenaars). Albei is lede van die Jack-in-a-Box Dramaskool en het in die National Eisteddfod Academy ingeskryf waar hulle aan Afrikaanse verhalende poësie (goud), English Comic Monologue (diplomas), English Coral Verse (diplomas) en Afrikaanse Samespraak Senior Fase (diplomas) deelgeneem het.

“Hulle presteer akademies puik en is deel van Laerskool Florida se Top 20 akademiese presteerders,” vertel Ethne.

“In hul vrye tyd neem hulle ook Franse klasse by Hoërskool Florida en speel tennis by Laerskool Florida.”

Albei is lede van die Florida Skietklub (FSK) waar Caitlin reeds meer as ses gouemedaljes tydens Gauteng-ligas verwerf het met haar luggeweer.

“Sy het in die loop van die jaar ook silwer- en bronsmedaljes verower tydens Interprovinsiale kampioenskappe.

“Caitlin is deur die Suid-Afrikaanse Nasionale Skolekuttersunie (SANSSU) uitgenooi om in Bloemfontein aan proewe vir die British Junior International (BJI) deel te neem.

“In Augustus het sy ook haar provinsiale kleure verdien vir die Goue Leeus (Gauteng Sskoleskuttersunie) wat in Oktober aan die SANSSU-kampioenskappe sal deelneem.

Related Articles

Back to top button