Michél is ernstig oor kultuur

Michél Croucamp laat nie op haar wag nie, veral nie as dit by kultuuraktiwiteite kom.

Michél Croucamp (10) is ‘n uitbundige leerling aan Laerskool Florida wat graag haar vele talente ontwikkel.

Sy is ‘n uitblinker op akademiese en kultuurgebied, vertel skoolwoordvoerder Janine Birkenstock. In die afgelope jaar het Michél nie net in die senior en spreekkoor uitgeblink nie maar sy was ook tweede in haar graad op akademiese gebied.

By die afgelope RAK-kunswedstryd verwerf sy ‘n A+ vir Engelse poësie en ‘n A vir Afrikaanse poësie. Sy is ook as een van die skool se debutante gekies vir die groot aantal pryse wat sy vir die Florries Got Talent- kompetisie insamel het.

By die Roodepoort Dance Festival gedurende September is Michél vir die vierde jaar na mekaar as die mees belowende amateur Spaanse danser aangewys. Sy verwerf ‘n eerste en tweede plek in verskillende Spaanse danssolo’s. As lid van ballet- en Spaanse dansgroepe verdien sy vyf eerste plekke. Sy het ook die trofee gewen vir die beste Spaanse solo vir haar ouderdomsgroep, sowel as die persoonlikheidstrofee.

“Michél is ook deel van haar kerk se sanggroep en geniet dit om haar troeteldiere te versorg,” vertel Birkenstock.

“Sy troetel eienaardige diere – van spinnekoppe tot slange tot bearded dragons en skerpioene.”

In Oktober sal Michél Gauteng by die South African Talent Championships (Satch) in Kempton Park verteenwoordig waar sy in sang- en danskategorieë sal deelneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version