Florida se Graad 7’s ‘trou’

Graad 7's 'trou' as deel van 'n kultuurprojek by Laerskool Florida.

As deel van hul Skeppende Kunste-leerarea is Graad 7’s by Laerskool Florida die geleentheid gegee om te ‘trou’.

“Hulle was vreeslik opgewonde om bruilof te hou en het kreatief geraak met die opdrag,” vertel skoolwoordvoerder Janine Birkenstock.

“Daar is Christen- en Hindu-bruilofte uitgebeeld.

“Ons het interessante intriges beleef met sommige van die huwelikseremonies, waartydens een van die ‘oupas’ selfs ‘n hartaanval gekry het,” sê Birkenstock.

“Die skool is trots op elke leerling wat rekwisiete van die huis af gebring het en hard saam geoefen het om die geleentheid interessant te maak.”

Exit mobile version