CrimeNews

Twee jong grypdiewe buite Caxton vasgetrek

Buurtwag tree blitsig op.

Twee jong vroulike grypdiewe is vanoggend, 22 September, kort voor 11vm in Hamstraat vasgetrek.

Volgens die informele straat handelaar wat die slagoffer was, was hy ‘n ent weg besig toe die twee dogters (ongeveer 12 jaar oud) elk ‘n paar swart seilskoene uit sy vooraad gegryp en laat spaander het. Hy verkoop sy goedere reg voor die Caxton kantore.

Hy het nie op hom hom laat wag en hulle te voet agterna gesit. Intussen het die buurtwag tot die jaagtog in ‘n bussie toegetree en die meisies is in Hamstraat gevang.

Op kringtelevisie is dit duidelik dat daar aanvanklik vier in die groep (drie meisies en ‘n ouer seun) was. Dis onbekend of hulle almal ‘n aandeel in die misdaad gehad het.

Aangesien die twee dogters minderjarig is, het die buurtwag hul ouers in kennis gestel waarna hul pa hulle kom haal het.

Geen klagte is tot dusver gelĂȘ nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Roodepoort Record in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button