NewsSchools

Tweeling pak bybelprojek vir blindes aan

Tweeling van Laerskool Roodekrans wil Bybels in die blinde gemeenskap versprei.

‘n Tweeling by Laerskool Roodekrans het ‘n gemeenskapsprojek aangepak ten bate van blindes.

Winne en Lize van Rensburg (Graad 7) het onlangs ‘n projek geloods om Bybels te versprei vir blinde mense. Dit nadat pastoor Willie Botha en sy vrou Chrystal onlangs die skool besoek het om leerlinge in te lig oor blindheid.

“Die kinders het aan Botha se lippe gehang terwyl hy vertel het hoe hy as 11-jarige seuntjie van ‘n muur afgeval het en as gevolg blind geword het,” sê woordvoerder Marike Cronjé.

“Hy het gewys hoe ‘n Bybel vir blindes lyk en die kinders kon nie glo dat dit soveel groter is as ‘n ‘gewone’ boek nie.”

Cronjé vertel dat die leerlinge tjoepstil gesit en kyk het hoe Botha sy braille-vertaler masjientjie demonstreer.

“Deur sy blymoedigheid en skerp sin vir humor het Botha die Roodies geïnspireer om met ander oë na mense met gestremdhede te kyk.”

Vir meer inligting oor hoe om betrokke te raak by Winne en Lize se projek, skakel Annemarie van Biljon by Laerskool Roodekrans op 011 764 2920 of per epos by hoof@roodekranslaer.co.za.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button