Florrie krieketspelers oppad na streekstoernooi

Vyf krieketspelers is in verskeie Sentraal-Wes krieketspanne opgeneem.

Laerskool Florida spog met 5 leerlinge wat in verskeie Sentraal-Wes krieketspanne opgeneem is.

Dié seuns gaan gedurende die opkomende skool vakansie deelneem aan die Gauteng streekstoernooie, vertel skool verteenwoordiger Janine Birkenstock.

“Jaundré Els (o/9), Keagan Dempsey (o/10), Draigh Schierhout (o/13), Dylan Lues (o/13) en Rujaun Scheepers (o/13) word deur die skool sterkte toegewens vir die toernooie,” het Birkenstock gesê.

Draigh Schierhout (0/13), Dylan Lues (0/13) en Rujaun Scheepers (0/13).
Exit mobile version