WEN: Kry dubbelkaartjies na Fokofpolisiekar-optrede in Weltevreden Park

Sien Fokofpolisiekar by Rumours Lounge op hul #bosekringloop-toer die maand.

Fokofpolisiekar het pas hul nuwe toer, die #bosekringloop, afgeskop ter viering van die tiende herdenking van die vrystelling van hul tweede album, Lugsteuring.

Dié rockgroep het verlede jaar ‘n soortgelyke toer aangepak ter herdenking van hul eerste album, As jy met vuur speel sal jy brand se bekendstelling.

Tydens verlede jaar se toer is dié album ook in plaatvorm bekendgestel. Die Lugsteuring album sal hierdie jaar by al hul optredes ook in plaatvorm te koop wees.

“Dit is nogal iets anders om ons albums as plate vry te stel. Dit laat ons voel dat ons iets bereik het, dit is lekker om dit só te vier,” sê Wynand Myburgh, baskitaarspeler.

Die groep het onlangs aan die record genoem dat hulle moontlik nog ‘n album bekend sal stel.

Met die opduik van hul nuutste liedjie, Paranoia, het aanhangers opgewonde geraak.

“Ons speel al lank met die idee om ‘n nuwe album bekend te stel, maar tyd is die probleem. Ons kan nie altyd by mekaar uitkom nie.

“Die pressure is van Fokofpolisiekar af aangesien ons ander groepe ook het – Van Coke Kartel, aKing en Die Heuwels Fantasties. Ons geniet onsself nou net.

“Miskien surprise ons die mense, ons belowe niks nie.”

record lesers staan die kans om twee stelle dubbelkaartjies te wen na die Fokofpolsiekar-optrede by Rumours Lounge in Weltevreden Park op Vrydag 19 September. Om in te skryf, vertel vir ons wat jou top drie liedjies op Lugsteuring is deur jou kommentaar hieronder te los.

Byvoorbeeld: “My gunstellinge @Fokofband @RdptRecord is Tiny Town, Sielswartgat en Bid Vir My.”

Die kompetisie sluit Dinsdag 16 September en wenners sal Woensdag 17 September gekontak word deur middel van e-pos.

Exit mobile version