NewsSchools

Florries hou karnival

Watersport, talent- en skoonheidskompetisie alles by een opwindende karnival.

Karnavaldag is die hoogtepunt op Laerskool Florida se kalender, vertel skoolwoordvoerder Janine Birkenstock.

Op Vrydag 5 September is dié jaarlikse karnival gehou. Vroegoggend is glybane al opgestel en het die hoofleiers mors-en-geniet-speletjies gereël. Binne-in die saal is kostalletjies van vroeg tot laat besoek.

“Dit was ‘n miernes van bedrywighede in en om die skool se skietbaan,” sê Birkenstock.

“Florries het ook gespog met hul talent in die Florries Got Talent-kompetisie.

“Drie van ons juffrouens het selfs met hul danstalente gespog.”

Na ‘n taai kompetisie is Renier Liebenberg (solosang), Megan-Leigh Botha en Maroché Visagie (duet) en Dale Mans (solodans) as die wenners aangewys. Dale en Marlize Mans het ook met die prys vir beste dansgroep weggestap.

“Die mooistes onder die mooies het aan die Meneer en Mejuffrou Florrie-kompetisie deelgeneem,” vertel Birkenstock.

Dean Nel en Lethabo Moabelo is gekroon as Meneer en Mejuffrou Petite terwyl Cyle-Leigh Nortjé en Amandré Vermaak as Meneer en Mejuffrou Florrie Junior gekies is. Dylan Benningfield is as Meneer Florrie Senior aangewys. Atnecia Persence en Luché Bedeker was die trotse eerste en tweede prinsesse van Mejuffrou Florrie Senior, C-Moné Nortjé.

“Verder het die gaskunstenaars Piet Pompies, Juandré Marais en Jeanine Victor ouers en kinders tot laataand vermaak.”

Birkenstock bedank graag juffrou So-Lize Beyleveld en meneer Deodat Botes vir al hul reëlings wat tot die sukses van die karnival bygedra het.

“Aan elke personeellid sê die hoof, Francois du Toit, baie baie dankie!”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button