Editor's choiceLocal newsNewsUpdate

Danksy buurtwag is vuur geblus

Alet en Thys Pretorius sê baie dankie aan die betrokke lede vir hul bystand.

Alet en Thys Pretorius bedank graag die Witpoortjie buurtwag (West Suburbs Neighbourhood Watch Roodepoort) vir hul hulp oor die naweek om ‘n vuur te blus.

Die Pretoriusse vertel dat ‘n brand Sondagoggend (7 September) op hul erf in Reitzstraat in Grobler Park ontstaan het. Alet het omstreeks 9.20vm die brand aan die een kant van die erf opgemerk. Die water- en elektrisiteitsnetwerk op die erf het groot skade gekry – nagenoeg R30 000, sê hulle. Gelukkig het geen persoon of dier beserings opgedoen nie. Die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie.

“Alles het so vinnig gebeur en die brand het soos blits versprei.

“Voor ek my oë kon uitvee was die buurtwag hier en besig om ons te help om die vlamme te blus.”

“Baie dankie vir die hulp, veral vir Charles se bystand,” sê Thys.

“Sonder julle kon alles baie erger gewees het.”

Related Articles

Back to top button