Bastion hét talent

Allerlei talente is gevier met die kultuuraand by Hoërskool Bastion, Bastion's Got Talent.

Met 30 items op die program het Hoërskool Bastion-leerlinge met entoesiasme aan die Bastion’s Got Talent-kompetisie deelgeneem.

Leerlinge het met interessante items na vore gekom en hulle talente ten toon gestel in onder andere dans, sang, duetsang, toneelstukke en instrumentele items. Elke voogklas moes een item inskryf, met een of meer deelnemers.

“Deur sulke kultuurgeleenthede kan ons leerlinge werklik blom en wys wat hul interesseer,” sê Melitta Geyser, die skool se woordvoerder.

Aan die einde van die aand is een wenner uit elke kategorie gekies. Angelique Crament (Graad 10) is as die beste sangeres aangewys terwyl Jaco Breet (Graad 12) die beste dansitem gelewer het. Jeandré van Biljon (Graad 10) is met sy kitaarsolo as wenner aangewys. Vanessa Frits (Graad 12) en Monique Fourie (Graad 12) is met hul dramatiese dialoog as wenners aangewys. Daarby het Hoërskool Bastion een item geprys vir die dogters se oorspronklikheid; Candice Mpolokeng (Graad 12), Cornelia Manguene (Graad 12), Lebo Maine (Graad 11) en Refilwe Ramagoshi (Graad 10) het opslae gemaak met hul sang-en-dans item, Sophiatown.

Sien ‘n galery van foto’s van die geleentheid hier.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Exit mobile version