Roodie kom tweede in ATKV Spell-a-thon

Die finale rondte van die Gauteng Spell-a-thon is onlangs by Laerskool Roodekrans aangebied.

Die ATKV Spell-a-thon se Gauteng-finale vir laerskoolseniors is onlangs by Laerskool Roodekrans aangebied.

Vyftien deelnemers uit Graad 6 en 7 het aan die finale rondte deelgeneem.

“Van die deelnemers het van so ver as Vereeniging en Pretoria gekom,” sê skoolwoordvoerder Marike Cronjé.

“As gasheer was Roodies trots daarop dat een van ons Graad 6-leerlinge, Inge Odendaal, ook deurgedring het na die finaal.

“Sy het ‘n skitterende tweede plek behaal en ons is baie trots op haar!”

Cronjé sê dat Laerskool Roodekrans daarna uitsien om weer in 2015 aan dié kompetisie, wat deur die ATKV aangebied word, deel te neem.

Exit mobile version