NewsSchools

Roodie kom tweede in ATKV Spell-a-thon

Die finale rondte van die Gauteng Spell-a-thon is onlangs by Laerskool Roodekrans aangebied.

Die ATKV Spell-a-thon se Gauteng-finale vir laerskoolseniors is onlangs by Laerskool Roodekrans aangebied.

Vyftien deelnemers uit Graad 6 en 7 het aan die finale rondte deelgeneem.

“Van die deelnemers het van so ver as Vereeniging en Pretoria gekom,” sĆŖ skoolwoordvoerder Marike CronjĆ©.

“As gasheer was Roodies trots daarop dat een van ons Graad 6-leerlinge, Inge Odendaal, ook deurgedring het na die finaal.

“Sy het ‘n skitterende tweede plek behaal en ons is baie trots op haar!”

CronjĆ© sĆŖ dat Laerskool Roodekrans daarna uitsien om weer in 2015 aan diĆ© kompetisie, wat deur die ATKV aangebied word, deel te neem.

Related Articles

Back to top button