Havie-juffrou is tops

Volgens die Onderysdepartement kan die Havies trots wees op Juffrou Dalene Boonzaaier.

‘n Havie-juffrou is onlangs vereer met ‘n nasionale onderwysprys vir uitnemendheid. Dalene Boonzaaier werk al sedert 2003 as onderwyseres by Laerskool Dr Havinga.

“Sy streef na uitnemendheid en werk om die leerlinge in haar klas optimaal te ontwikkel,” sê Anesta Zevenster, die skoolwoordvoerder.

“Sy is positief ingestel op progressiewe onderrigprogramme en is betrokke by talle buitemuurse aktiwiteite.”

Sy is deur die skool vir die Nasionale Onderwystoekennings genomineer, waar sy die top prys ontvang het vir Uitnemende Onderwys op klustervlak deur die Johannesburg-Wes Distrikskantoor.

“Ons is besonder trots op Juffrou Dalene en hoop om haar nog jare by ons te hê,” sluit Zevenster af.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Exit mobile version