Mini-krieketspelers haal uit en wys

Laerskool Roodekrans se mini-krieketdag het leerlinge van verskeie laerskole die kans gebied om hulself te bewys.

Die oggend waarop Laerskool Roodekrans se mini-krieketdag begin het, was wel koud maar niks kon die gretige leerlinge keer nie.

“Niks kon vergelyk word met die opgewondenheid van die onder 6- en onder 9-spelers nie; jy kon dit nie demp nie,” vertel juffrou Marike Cronjé.

Sewentien spanne van Roodepoortse laerskole soos Roodekrans, Ridgevale Primary, Protearif, Noordskool en Weltevreden Park Primary het deelgeneem.

“Al die spelers wat aan mini-krieket deelneem, het die geleentheid gekry om hul vaardighede ten toon te stel,” sê Cronjé.

Laerskool Roodekrans bedank graag Monument Toyota en VHF Sport wat die dag geborg het.

 

 

Exit mobile version