Laerskool Helderkruin gee die pas aan met nuwe telbord

Nuwe telbord ingewy met 'n oorwinning.

Laerskool Helderkruin het verlede Vrydag (15 Augustus) ‘n nuwe telbord ryker geword.

Dis egter nie enige hierjy-telbord nie maar ‘n elektroniese een wat die skool een van die eerste laerskole maak wat die tegnologie kan inspan.

Adjunkhoof Riaan van der Watt verduidelik dat die oprigting van die telbord slegs die eerste fase van die projek is en dat ander gepaardgaande verbouings nog moet volg.

Die telbord is gistermiddag (19 Agustus) op ‘n heel gepaste wyse ingewy toe die skool se eerste krieketspan die span van van Laerskool Florida geklop het.

“Alhoewel ons borge anoniem wil bly, wil die skool hulle hartlik bedank vir hulle ondersteuning,” sê Van der Watt.

Exit mobile version