NewsSchools

Havies sit beste voet voor met ‘Happy Feet’

Havies is tops in onlangse kunswedstryd en gaan in die Staatsteater optree.

Laerskool Dr Havinga se revuegroep Happy Feet kan spog met vele hoogtepunte die afgelope jaar.

Die RAK Kunswedstryd wat deur die Roodepoortse Afrikaanse Kunsvereniging aangebied is, was een van hulle. Die groep het ‘n diploma (A++) met 93 persent behaal.

Hul danspassies en koördinasie het ook vir hulle ‘n plek in die Tshwane Jeug Kunstefees besorg, wat jaarliks in die Staatsteater in Pretoria aangebied word. Die gehoor was gaande oor die groep se pragtige kostuums en gewilde liedjies by dié optrede verlede Saterdag 16 Augustus.

“Die Havies is besonder trots op die groep van 53 kinders en hul afrigters Elria Lennon, Magda Botha, Claudine du Toit en Elmarie van der Vyver,” sê skoolwoordvoerder Lizelle Kies.

“Ons gaan vir seker nog baie hoogtepunte saam met hierdie groep beleef.”

Related Articles

Back to top button