Kruiners se sang vind aanklank

Al die deelnemers uit Laerskool Helderkruin behaal meer as 80 per sent.

Sommer ál die Kruiners wat onlangs aan die Raka Kunswedstryd deelgeneem het, het bo 80 persent gekry vir hul optredes.

By Laerskool Helderkruin het 33 leerlinge van Graad R tot Graad 3 aan die Kunswedstryd deelgeneem. Nie net het almal meer as 80 persent in hul items verwerf nie, nege het boonop diplomas ontvang (bo 90 persent).

“Dit was danksy die harde werk en bystand van ons musiekjuffrou Carien Horn,” sê skoolwoordvoerder Isobel Mitchley.

“Haar talent om leerlinge op so ‘n vroeë ouderdom te ontwikkel is verstommend.”

Ter voorbereiding het Horn vir elke leerling ‘n CD gesny met hul betrokke liedjie daarop. Elke CD het ook ‘n opname bevat waarin sy verduidelik het waaroor die liedjie gaan en waar die moeilike vangplekke is. Lisa Roome (Graad 2) het nie net as wenner uitgestaan in haar item nie, maar is ook aangewys as die beste deelnemer tussen Graad R en Graad 3. Sy het 93 persent behaal.

“Juffrou Carien sê graag aan elke leerling wat deelgeneem het dankie vir hul harde werk. Sy is vreeslik trots op hulle.”

 

Die volgende leerlinge het kop en skouers bo al die inskrywings uitgestaan:

• Christiaan Naudé (Graad 1)

• Genna Labuschagne (Graad 1)

• Gerhard Bothma (Graad 2)

• Lisa Roome (Graad 2)

• Lea Ferreira (Graad 3)

 

Exit mobile version