Local newsNewsSchoolsUpdate

Wilropark kleuters hys die vlag

"Dit is 'n lekker gevoel," vertel hoof Marie Grobler.

Die kleuters van Wilropark Kleuterskool het Maandagoggend saam hul eerste Suid-Afrikaanse vlag by die skool gehys.

Volgens die hoof, Marie Grobler word dit deesdae van kleuterskole vereis om ‘n Suid-Afrikaanse vlag te hys op hul persele. Die Kuns en Kultuurdepartement het haar ‘n paar weke gelede gekontak en het laas week self ‘n paal en vlag op hul perseel in Bottlebrushstraat kom installeer.

“Dit het ons niks gekos nie, en hulle was baie professioneel,” vertel die opgewonde hoof.

Maandagoggend het al 50 kleuters saamgestaan in die voorerf en die volkslied gesing terwyl juffrou Leanne Hammond die vlag gehys het. Hammond en Grobler vertel dat dit ‘n eer is vir hulle.

“Dis ‘n lekker gevoel … Ek’s trots op my Suid-Afrikaanse burgerskap en ek hoop dat ons hierdie trots ook by die kleuters kan meebring,” het Grobler gesĂȘ.

Wilropark Kleuterskool bestaan al sedert 1979 (35 jaar) en bied ‘n naskoolfasiliteit aan ouers.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button