Local newsNewsUpdate

Vroue in Senior Park gevier

Vroue is pragtige skeppings van God, meen plaaslike sanger.

Mans en vroue is bederf met ‘n konsert ter viering van Nasionale Vrouedag by Witpoortjie Senior Park.

Jong opkomende kunstenaar Gideon van Niekerk het inwoners vermaak met meerendeels countrymusiek tydens ‘n konsert in die eetsaal die oggend. Van Niekerk het ook gospel en sagte rockmusiek tussenin gevleg soos dié van Elvis Presley en Johnny Cash.

“Ek hoop die manne gaan darem al hierdie pragtige vroue môre ‘n bietjie bederf,” het Van Niekerk gesê.

“Alle vroue is pragtige skeppings van God en hul aard moet gevier word.”

Van Niekerk het later die liedjie Beautiful woman aan die vroue opgedra. Hy sing reeds twee jaar lank professioneel nadat hy deur lede van DJ Ossewa aangepor is.

“Ons is goeie vriende en ek het ‘n oudisie vir hulle gedoen nadat Rapie (een van die lede) oorlede is – toe word ek gesê dat ek lankal moes begin sing het.”

Na die konsert is inwoners met smaaklike koek, kolwyntjies en ander soetgoed sowel as koffie en tee bederf.

By Witpoortjie Senior Park sit inwoners nie stil nie. Die bestuur bied Vrydagmiddag 15 Augustus ‘n fliek, Pad na jou hart, in die eetsaal vir inwoners aan. Die geleentheid begin om 1nm. Vir verdere inligting kontak Jeanette Viljoen by 072 148 1263 of Dian Venter by 011 762 7887.

Sien meer foto’s van die geleentheid hier.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button