LettersLocal newsNewsOpinion

Gee vir ons groen pyltjies!

Groen pyltjies na beide kante van Ontdekkers behoort die probleem op te los, meen 'n inwoner.

Ria Jacobs (e-pos):

Ek verwys na my skrywe gedateer 8 Augustus 2008, aangaande ‘n padwaarskuwingsteken wat Dean McCabe op versoek laat aanbring het, waarvoor ek/ ons hom bedank.

Na aanleiding van ‘n groot probleem en swaar verkeer in die oggend op pad werk toe, neem ek hiermee weer die vrymoedigheid om McCabe te nader.

Die verkeerslig by die kruising van Ontdekkersweg en Corlettlaan het ‘n groen pyltjieteken vir die voertuie wat vanaf Witpoortjie in Ontdekkersweg sou regs draai, in die rigting van Johannesburg, maar nie vir die voertuie wat regs wil draai vanaf Wilropark in die rigting van Krugersdorp nie.

‘n Groot aantal voertuie kom reguit oor Ontdekkersweg in Corlettlaat om die swaar verkeer op Ontdekkersweg en die kruising met CR Swartrylaan te vermy, met die gevolg dat die voertuie wat regs wil draai in die rigting van Krugersdorp nie ‘n kans kry om te kan draai nie, en voertuie begin dus kanse vat, aangesien voertuie wat reguit oorkom selfs as die lig al rooi slaan steeds oorkom.

Ek en elke motoris sal dit baie waardeer indien McCabe hierop kan ingaan en gehoor kan gee aan ons versoek, om terselfdertyd ‘n groen pyltjie ook na regs vanuit Corlettlaan in Ontdekkersweg, in die rigting van Krugersdorp, in werking te stel.

Dit sal baie asem-ophou keer en definitief toekomstige ongelukke vermy.

Ek glo ’n groenpyltjie na beide kante sal die probleem oplos.

Ria Jacobs het haar eerste brief aan ‘n Dean McCabe van die Publieke Veiligheidsdepartement gerig op 8 Augustus 2008. Sy het hierdie brief, wat op 10 Oktober 2010 ook aan McCabe gestuur is, met die record gedeel na aanleiding van ‘n onlangse artikel oor die betrokke kruising, “Motorist’s infringements caught on camera” (8 Augustus 2014). — Mathilde Myburgh, joernalis.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button