Local newsMandela DayNews

Sopkombuis takel reuse taak vir Madiba

Die legendariese Fred en Martie se Sopkombuis in Claremont voed reeds vir meer as drie dekades die minderbevooregtes van die area. Met die afsterwe van Fred en Martie Hughes het hulle dogter Yolindie Oberholzer egter die fakkel oorgeneem. Met die hulp van verskeie skenkers het Oberholzer en haar span die verbysterende taak op hulself geneem …

Die legendariese Fred en Martie se Sopkombuis in Claremont voed reeds vir meer as drie dekades die minderbevooregtes van die area.

Met die afsterwe van Fred en Martie Hughes het hulle dogter Yolindie Oberholzer egter die fakkel oorgeneem.

Met die hulp van verskeie skenkers het Oberholzer en haar span die verbysterende taak op hulself geneem om sowat 500 kinders en 100 volwassenes kos te gee op Mandela-dag.

Die kinders (en volwassenes) het egter ook hulle deel in die gees van Madiba gedoen deur die strate en oop ruimtes van Claremont in te vaar, skoon te maak en te verfraai deur bome te plant.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button