Geniet gholf met NG Kerk Roodekrans

Borgskappe en donasies sal met maksimum blootstelling beloon word.

Sluit hierdie Augustus by die NG Kerk Roodekrans aan vir ‘n potjie gholf.

Ds Muller Oosthuizen nooi graag inwoners om hul jaarlikse gholfdag by die Krugersdorp Gholfbaan op Vrydag 15 Augustus te kom geniet.

Die formaat van die kompetisie is ‘n vierbal-alliansie en gholfspelers sal om 11.30 vm afslaan. Die geleentheid sal na afloop van die dag se spel afgesluit word met ‘n prysuitdeling en ete.

Die inskrywingsgeld beloop R350 per speler of R1 400 per vierbal. Belangstellendes kan vir ‘n vierbal inskryf of betrokke raak by die borgskappe deur putjies of ‘n oefensetperk te borg, of ‘n kontantskenking of prysskening te doen. Borge kan hulle baniere en produkte by die geborgde putjies vertoon.

In ruil vir die borgskap of donasie sal die firma maksimum blootstelling kry.

Vir verdere besonderhede kontak gerus Bernice Lategan by 082 672 8167 or per epos by bernicelategan@vodamail.co.za. Belangstellendes kan ook Anton Lategan of Muller Oosthuizen by 082 452 4679 of 083 446 1912 skakel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version