Editor's choiceLocal newsNewsUpdate

Sonstraaltjie samel komberse vir armes in

100+ komberse ingesamel vir minderbevoorregtes.

Sonstraaltjie Opvoedkundige Sentrum en Mnr Suid-Afrika-finalis Armand du Plessis het kragte saamgesnoer om komberse in te samel.

Du Plessis het verlede Donderdagoggend (26 Junie) meer as ‘n honderd komberse by sy alma mater afgehaal. Die kleuters het in klasverband op die gras gesit, elkeen met ‘n kombers in die hand, en hom verras.

“Daar moet meer as ‘n honderd komberse vandag hier wees,” het hy gesê. Elkeen van die 105 kleuters het een of meer bygedra, en sommiges se mammas het ekstras saamgestuur.

“Ons het ook sop en nagklere en sulke goed tussen die komberse gekry,” vertel hoof en onderwyseres Benita Bothma. Die kleuterskool bestaan alreeds 27 jaar en raak graag betrokke by gemeenskapsprojekte, sê sy.

Du Plessis het die kleuterskool genader om by sy projek betrokke te raak omdat hy weet hoe gewillig die mense daar is.

“Elke keer as ek so iets aanpak besef ek van voor af dat baie mense baie gewillig is om hul gemeenskap te bevorder en warm te hou in die winter.”

Hy het die kinders bedank en lekker by hulle gekuier. Du Plessis sal die komberse aan die Heilsleër skenk om dié winter aan minderbevoorregtes uit te deel.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button