Local newsNewsSchool sportSport

Florrie het Brittanje in haar visier

Word uit 1 100 skutters gekies om oorsee deel te neem.

Die 17-jarige Florrie, Charne Gardner, is besig om letterlik haar weg na die top van haar sport oop te skiet.

Charne het in April saam met 1 100 ander skutters aan die BJI (British Junior International) proewe in Bloemfontein deelgeneem en het in haar klas, sporter, saam met 15 ander skutters na die eindrondte in Brittanje deurgedring. Boonop het sy tweede uit die 15 gekom.

Gardner wat in die o/21-ouderdomsgroep deelneem vertrek op 2 Augustus na die Verenigde Koninkryk om met skutters van reg oor die wêreld mee te ding.

“Skyfskiet is my passie. Ek hou van die dissipline en die feit dat jy op jou eie presteer,” sê Gardner wat al die afgelope vier jaar aan die sport deelneem.

Dit is egter baie duur om in Brittanje te gaan deelneem en sy het nog R44 000 nodig om te kan gaan. Enige persoon of besigheid wat graag vir Gardner met donasies of as borg wil bystaan kan haar ma Fiona Engelbrecht by 072 383 8762 skakel.

Related Articles

Back to top button