NewsSchools

Niks skort met Kruiners se algemene kennis nie

"Ons het hard gewerk om seker te maak hulle is op hoogte."

Deur gereeld op hoogte te bly van die jongste nuus het groot sukses vir leerlinge van Laerskool Helderkruin gebring toe hulle onlangs aan ‘n algemene kennis-vasvrakompetisie deelgeneem het.

Dit nadat 40 Graad 4- tot 7-leerlinge van die skool algemene kennis-vrae oor vyf onderwerpe sonder enige probleem kon beantwoord.

“Ons leerlinge het baie hard gewerk om seker te maak hulle is op hoogte van die jongste nuus en pryse om te verseker hulle word nie vasgevra nie,” sĂȘ Isobel Mitchley van die skool.

“Leerlinge is in spanne opgedeel met ‘n leerling per graad in elke span. Daar was verskillende afdelings soos jongste nuus, musiek, ons trotse taal, blitsig in Wiskunde en vermaak. Ons spanne het behoorlik gewoeker met die antwoorde,” voeg Mitchley by.

Families kon ook gedurende die kompetisie wys wat in hulle steek deur aan die afdeling vir ouers deel te neem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button