Editor's choiceLocal newsNews

R16 000 ingesamel met basaar

'n Lekker sosiale geleentheid, vertel Gert Niemand.

NG Kerk Ontdekkerskruin het sowat R16 000 ingesamel vir die gemeente tydens hul basaar Saterdag.

Raadslid Gert Niemand, wat ook aan die kerk behoort, was hard aan die werk by die worsbroodjie-stalletjie. Sy vrou Nerine het allerhande juwele by die stalletjie net langsaan verkoop. Daar was ook pannekoek, vetkoet en ‘n tuisnywerheidstalletjie, asook ‘n wit-olifant-tafel en ‘n teetuin in die saal. Daar is veteraan motors uitgestal, en van die mans het aan ‘n koekversiering-kompetisie deelgeneem, wat dominees Lombaard gewen het.

“Dit was ‘n lekker sosiale geleentheid,” vertel Niemand. Hy het aan die einde van die middag worsbroodjies teen ‘n afslagprys aangebied en was fluks met die oppak van die stalletjies. Die gemeente waardeer inwoners se bydrae tot die dag se sukses.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button