Local newsNews

Plaaslike radiopersoonlikheid weer vereer

Plaaslike inwoner en bekende Afrikaanse radiopersoonlikheid Ettienne Ludick is vir die sesde keer in nege jaar met ‘n ATKV Media Veertjie vereer. Die prestige toekennings is op 9 Mei gedoen waartydens Ludick, wat sy nering beoefen by RSG, vereer is vir sy insetsel Ellispark, veld van drome” in die kategorie Beste Insetsel in ‘n Vermaaklikheids- …

Plaaslike inwoner en bekende Afrikaanse radiopersoonlikheid Ettienne Ludick is vir die sesde keer in nege jaar met ‘n ATKV Media Veertjie vereer.

Die prestige toekennings is op 9 Mei gedoen waartydens Ludick, wat sy nering beoefen by RSG, vereer is vir sy insetsel Ellispark, veld van drome” in die kategorie Beste Insetsel in ‘n Vermaaklikheids- of Joernaalprogram.

Die insetsel het gehandel oor sekere van die grootste hoogtepunte en laagtepunte wat op die ikoniese sportveld beleef is.

Ludick vertel dat hy per abuis op die idee afgekom het terwyl hy gewag het om ‘n onderhoud met die Leeus-span te voer.

Op die vraag wat die toekenning vir hom beteken het hy as volg geantwoord.

“Aan die een kant is dit goed vir jou loopbaan aangesien jy relevant bly. Persoonlik is elke Veertjie vir my motivering om ‘n hoër sport te bereik en die standaard van my produk elke jaar te verhoog,” sê Ludick.

Ludick sê sy toekomsplanne sal altyd die radiowese insluit maar nes sy profiel op RSG uitgebrei het, doen hy nou ook meer advertensie-stemwerk en mik selfs televisie toe.

Tans kan Ludick gehoor word op die programme Tempo, Siele op Wiele, RSG se sportprogramme sowel as twee maal ‘n week gedurende die ontbytgleuf.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button