NewsSchools

Naudé-familie hou Kruiners se naam hoog in kultuur

Broer- en sustermusikante doen dit al weer.

Die broer en suster musikante van Laerskool Helderkruin, Willie (Graad 6) en Carina (Graad 5) Naudé het weer die skool se naam hoog gehou.

Dié twee leerlinge het onlangs aan die Nasionale Eisteddford Akademie (NAE) se Young Performers-kompetiesie deelgeneem, en volgens Isobel Mitchley, woordvoerder van die skool het beide Willie en Carina aanvanklik in 2013 vir die kompetisie ingeskryf met die doel om slegs deel te neem.

“Dit sou net nog ‘n platform wees vir ‘n optreegeleentheid maar op dit het groot verrassings vir hulle opgelewer.”

Willie het met sy tjello en Carina met haar viool geïdentifiseer om aan die gesogte NEA-kompetisie se halfeindrondte deel te neem wat vroeg in Mei in die Roodepoort Teater plaasgevind het.

Die kompetisie se finale rondte vind op Saterdag 17 Mei plaas in die Atterbury Teater in Pretoria, waarby meer as R50 000 prysgeld toegeken gaan word.

Albei is ook aangewys as fase-wenners in hulle ouderdomsgroep.

Die onderwyser Karin Scholtz is Willie en Carina se afrigter.

Related Articles

Back to top button