Oud-polisieman Frikkie van Zyl (84) sterf

"Roodepoort het 'n seun verloor," sê sy seun, Cobus van Wyk.

Met groot hartseer deel Cobus van Wyk die nuus van die afsterwe van sy pa, voormalige Roodepoort-polisieman Frikkie van Wyk (84).

Hy is op 8 Mei oorlede. Frikkie is op 17 Julie 1929 in Riversdal gebore en het in Heidelberg in die Kaap grootgeword. Volgens Cobus was hy alombekend vir sy innemende persoonlikheid en liefde vir mense. Hy is destyds Polisiekollege toe en is direk van daar af Roodepoort toe verplaas, waar hy later adjudant-offisier geword het. Hy was die afgelope 65 jaar ‘n inwoner van Roodepoort – eers in Roodepoort-Noord, toe die afgelope paar jaar in Helderkruin.

“Hy het nie spesifieke stokperdjies gehad nie, maar was vreeslik lief vir rugby. Die WP (Stormers) en Springbokke was die spanne wat hy ondersteun het.

“Hy het ook om daardie rede altyd die record van agter na voor gelees.” Cobus sê dat sy ouers met hul 60ste huweliksherdenking in die record verskyn het.

Sy pa was ‘n diaken en ouderling in die Volle Evangelie Kerk van God wat eers in 6de Laan in Roodepoort was en nou in Ontdekkersweg is. Daar was hy ook lid vir 65 jaar.

“Mense wou altyd grappenderwys weet of die hoofstraat van Roodepoort na hom vernoem is,” het Cobus gesê.

“Roodepoort het ‘n seun verloor.”

Frikkie word oorleef deur sy vrou Hettie, seun Cobus, skoondogter René en kleinkinders Reino, Anique en Divan.

Exit mobile version