Florries voer Dolly Parton se 9 to 5 op

Bespreek jou plek vir Florries se opwindende musiekblyspel.

Hoërskool Florida moedig die gemeenskap aan om nie hul opwindende musiekblyspel eerskomende Vrydagaand 16 Mei mis te loop nie.

Die skool se woordvoerder, Morné Hanekom sê, “Indien jy niks het om te doen nie gryp jou familie aan die arm en gaan na die Mosaïek Teatro toe vanaf 6nm vir ons asemrowende musiekblyspel.

“Hoërskool Florida bied vanjaar die bekende musiekblyspel van die bekende Dolly Parton-trefferlied 9 to 5 aan. Met ‘n lewendige opvoering en ‘n professionele orkes kan jy net iets fantasties verwag,” verduidelik Morné.

“Kaartjies kos R100 per persoon en is beskikbaar by Thea by 011 672 5345.”

Mense betrokke by die musiekblyspel:

• Akteurs: Florrie-leerlinge

• Produksiebestuurder: Lina le Roux

• Regisseur: Hesta van Straten

• Musiekregisseur: Marten van Wyk

• Choreograaf: Danit Bukris

Exit mobile version