Local newsNews

AGS vrouekonferensie weereens groot sukses

Grootste opkoms nog vir konferensie.

Op 10 Augustus het die AGS Kerk Wilropark hul derde jaarlikse vrouekonferensie gehou.

Hierdie jaar se tema was “God se beloftes – Ons anker” en nes verlede jaar was die immergewilde en dinamiese Estelle Bressler die gasspreker. Pastoor Susan Malan van die gemeente het ook ‘n boodskap aan die groep van 200 vroue gebring – die grootste opkoms tot dusver.

Verder is die vroue deur die gospelsangeres Jasmyn vermaak.

Die vroue by die konferensie het van 21 verskillende kerkgenootskappe gekom van so ver as Melville en Aucklandpark.

Behalwe vir die samesyn, heerlike kos en geskenkies, was die belangrikste aspek van die dag die boodskap wat die vrouens met hulle kon wegneem.

“Ons wil ‘n verskil in vrouens se harte maak en ‘n hart vir die Here in hulle skep,” sê pastoor Malan oor die doel van die jaarlikse konferensie.

Die spesiale boodskap wat pastoor Malan ook aan die record se lesers wou oordra is “as dit sleg gaan beteken dit nie dat die Here nie daar is nie. Hy het beloftes aan ons gemaak. Omstandighede bepaal nie hoe ons lewens eindig nie. Die Here en sy beloftes doen.”

Om gallery te besigtig kliek hier

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button