Local newsNews

Stap met die planete saam

Leer meer oor die sonnestelsel en kry selfs die kinders betrokke.

Roodepoort-inwoners kan uitsien na ‘n bespreking oor ons wonderlike sonnestelsel.

Amiel van den Berg van Eagles Fare Restaurant nooi inwoners uit om meer oor hierdie onderwerp te leer op Vrydag 2 Mei om 6.30nm.

“Kom ervaar die vermaaklike wetenskap van die planete in ons sonnestelsel,” sê sy.

Die restaurant in samewerking met die Walter Sisulu Nasionale Botaniese Tuine (waarin dit geleë is) bied die aand ‘n planete-wandeling aan. Andri Prozesky, ‘n lektor in astronomie by die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa), sal die bespreking lei. Sy werk op die oomblik aan haar doktorsgraad in astronomie wat op die atomiese prosesse in gaswolke in die heelal fokus. Sy is ook by Unisa se astronomie-uitreikprogram betrokke en hoop om kennis van die heelal in gemeenskappe te verryk.

Ná die praatjie gaan sy ‘n wandeling deur die Tuine lei waar sy die relatiewe afstande van die planete van die son sal uitgewys. Kinders is ook welkom by die geleentheid en daar sal ‘glow sticks’ vir hul beskikbaar wees. Andri wil graag skoolkinders aanmoedig om loopbane in wetenskaplike of tegnologiese rigtings te volg.

Kaartjies vir die geleentheid beloop R140 per volwassene en R75 per kind tussen ses en 12 jaar en sluit in: die praatjie en wandeling, ‘n driegangmaaltyd, koffie en tee, die Tuine se ingangfooi en ‘n karwag vir die aand. ‘n Kontantkroeg sal ook beskikbaar wees.

“Mense kan gerus hul eie teleskope of verkykers saambring om hul ondervinding te verryk,” sê Amiel. Sy kan by 082 671 8382 of 083 414 9843 gekontak word.

Related Articles

Back to top button