Local newsNews

Lank lewe Ford Cortinas

Die Record besoek die Ford Cortina Funklub oor hul passie.

Die Ford Cortina se dae is nog lank nie getel nie.

Die motor wat in die 70s veral in Britanje gewild was en wat meeste van ons pa’s en oupas op ‘n tyd besit het is steeds ‘n gesogte motor.

So sê Ria Entres, woordvoerder van die Ford Cortina Funklub.

Die Record het op Sondag 30 Maart by die Ierse restaurant, Brazen Head in Florida Glen tydens een van die klub se onlangse bymekaarkomsessies of Breakfast Run soos hulle na dit verwys bygewoon om te kyk of dit so is.

Die Record was stomgeslaan tydens die oorweldige aankoms van 17 klublede en hul families in 16 Cortinas en een Capri. Met byname vir hul geliefde motors wat strek van Stinkie en Oumatjie tot die Working Horse, ‘n blou Ford-kepsie en ‘n blou Ford-belt was dit duidelik dat mense nog behep is met een van Henry Ford se bekendste skeppings.

Gevra wat die doel van die klub is, het Ria verduidelik, “Om die liefde van ons voertuie (spesifiek Cortinas) – of dit nou ‘n bakkie of sedan is – wat besig is om uit te sterf aan die lewe te hou”.

Die Ford Cortina Funklub is in November 2013 deur ‘n voormalige Ford Suid-Afrika ondervoorsitter, Geore Entres gestig.

Ria vertel, “Geore het weens sekere redes weggebreek en sy eie klub gestig”.

Sy het bygevoeg dat die klub tans uit minstens 60 lede bestaan, waarvan die oudste 70 en jongste 17 jaar oud is en wanneer lede bymekaar kom vir die Breakfast Run, gaan dit oor om pret te hê en jou liefde as Ford-eienaar met ander Ford-liefhebbers te deel, jou Ford uit te stal en mekaar raad te gee oor die beste parte.

Die lede is glo versprei en kom van onder andere Krugersdorp, Standerton, Pretoria, Boksburg, Potchefstroom en natuurlik Roodepoort.

Die Ford Cortina Funklub is ook ‘n groot ondersteuner van verskeie liefdadigheidsorganisasies en is gewillig om te help waar hulle kan. Die klub se volgende ontmoeting is eerskomende naweek by Angela Picnic Delta Park.

Die klub sal ook in massas opdaag by die Rand Easter Show van 18 tot 28 April by Nasrec.

Ria het afgesluit deur te sê, “Op die einde van die dag deel ons almal dieselfde passie. Almal is mal oor Fords en die klub sou nie bestaan het as dit nie vir elke klublid se bydra was nie.”

• Navrae: Ria by 072 791 2136.

IMG_2800 (Medium) IMG_2753 (Medium) IMG_2743 (Medium) IMG_2699 (Medium) IMG_3025 (Medium) IMG_2998 (Medium) IMG_2968 (Medium) IMG_2899 (Medium) IMG_3058 (Medium) IMG_2861 (Medium) IMG_2829 (Medium) IMG_2712 (Medium) IMG_2903 (Medium) IMG_2937 (Medium)

Related Articles

3 Comments

  1. Kyk as daar nou n sterk kar is dit die cortina my oupa het net so gespog met sy cortina en we’ll di granada en capri

  2. Hi Clint,Ek kan net se briljant gedoen. Meer woorde oor ons manne se passie vir hulle speelgoed kon jy nie gee nie! Baie dankie vir gister! Ons waardeer dit dat jy jou en Lizelle se saamwees tyd gedeel het met ons Ford Cortina Fun Club maltrappe! Xx

Check Also
Close
Back to top button