Durban Deep: Uitgejaag sonder sak of pak

Gerald Deysel (47) en sy gesin moes blitsig hul huis uit en die straat in toe die mynhuisie gebombardeer word met klippe op Saterdagaand 15 Maart. Die gesin van vier en die seun (22) se verloofde sowel as sy twee dogtertjies, wat in 2005 Johannesburg toe getrek het, het nie tyd gehad om enigiets saam …

Gerald Deysel (47) en sy gesin moes blitsig hul huis uit en die straat in toe die mynhuisie gebombardeer word met klippe op Saterdagaand 15 Maart.

Die gesin van vier en die seun (22) se verloofde sowel as sy twee dogtertjies, wat in 2005 Johannesburg toe getrek het, het nie tyd gehad om enigiets saam te vat oppad uit nie. Soos wat Deysel en sy vrou die Record op Maandag 17 Maart vertel het is hul lewens in duie gestort as gevolg van dié voorval.

Die gesin is reeds Saterdagmiddag onrustig gelaat nadat Gerald ‘n man wat besig was om op die perseël pype oop te kap en te verwyder moes verjaag. Die man het doodluiters die perseel, waarop ‘n paar gesinne woon, betree en die grond begin oopkap met ‘n hamer.

“‘n Buurvrou het my kom roep en gevra dat ek asseblief die man verjaag,” vertel ‘n teneergedrukte Deysel, “en as gevolg daarvan was ons onrustig”.

Die Deysels, wat reeds ‘n sukkelende bestaan gemaak het en op ‘n klein kragopwekker moes staatmaak om kos te maak en televisie te kyk saans, het onraad vermoed toe die TV-stel eweskielik afgaan sowat 9nm.

“Ons was onrustig, ons het geweet iets kom, en toe die TV afgaan het ons geweet, ‘hier is dit nou’ [sic].

“My seun het my voorgespring en ons het uitgehardloop… hy het die vier mans wat besig was om die lopende kragopwekker weg te dra, voorgekeer… sy been is beseer met ‘n groot klip wat gegooi is.

“‘n Man met ‘n hamer het my hond daarmee aangeval, en ek het hom getakel,” vertel Deysel.

“Daar was ‘n stoeiery en my pinkie is gebreek… ons het toe terug in die huis in gehardloop en die deure toegeslaan.”

Hierdie aksie het blykbaar die aanvallers aangehits om die huis met klippe te gooi. Deysel was erg bekommerd oor sy kleindogters en het hulle uit die kamer gaan haal, waarna die familie uit die huis moes vlug.

Diegene wat hulp kan bied aan die gesin kan Gerald Deysel kontak op 082 223 4309.

Sien die volgende gedrukte uitgawe van die Record vir die volledige verhaal.

Diere aan CLAW oorhandig

Die Deysels moes noodgedwonge hul diere aan Community Led Animal Welfare (Claw) oorhandig op Sondag 16 Maart. Drie honde en ‘n kat is oorhandig.

Alhoewel die gesin na hul troeteldiere sal verlang, vertel Gerald Deysel dat hy “die regte ding” gedoen het.

Claw het bevestig dat hulle dié diere by die perseël opgetel het en dat hulle aangeneem mag word. Om die diere te sien of meer oor die aannemingsproses uit te vind, kontak Jenniser by Claw op 076 834 7438.

Exit mobile version