Nog ‘n lekker kermis by Ons Huis

Geniet 'n lekker kermis by Ons Huis tehuis vir bejaardes op 8 Maart 2014.

Inwoners kan uitsien na nog ‘n heerlike kermis by Ons Huis tehuis vir bejaardes hierdie Saterdag (8 Maart).

Vanaf 9 vm sal potte kook en kuiers begin by die tehuis by 110 Madelinestraat, Florida. Die vieringe sal tot ongeveer 3 nm duur.

Die tehuis bied allerlei vinnige middagetes en lekkernye sowel as nagereg aan. Buiten die teetuin waarin families heerlik kan kuier sal vetkoek, kerrie en rys en boereworsrolle verkoop word. Vir die soettand word pannekoek en verskeie ander poedings aangebied.

Diegene wat lief is vir skattejag sal die wit olifanttafel geniet, terwyl tombola en veteraanmotors weer ander inwoners, families en vriende sal trek. Dames sal veral die juwele wat te koop aangebied word, waardeer.

Musiek beloof om die dag op te kikker, en kinders kan hul ook hier geniet; speletjies en ‘n springkasteel word onder toesig gebied sodat ouers nie hoef te bekommer nie.

Ons Huis bestuurder Marita van den Berg noem ook graag dat veilige parkering gebied word.

Vir verdere inligting, kontak gerus vir Marita op 011 672 5018.

Exit mobile version