Local newsNews

Kritiek Aster — Kerslig

Geen cupcakes of chocolates is hierdie Valentynsaand verslind nie.

Olivetti 45 — Ek wil dit duidelik maak dat mense nie ander moet jammer kry as hulle teen Donderdag 13 Februarie nog nie Valentynsdagplanne het nie. Want sonder beplanning of te veel stres, het ek teen Vrydagmiddag vier Valentyne gehad.

Aangesien ek nooit regtig ‘n aanhanger van die “romantieste dag van die jaar” was nie, sou ek net ietsie saam met ‘n vriendin gaan drink het, wat toe kanselleer. Nie eers my vriende wil my entertain op Valentynsdag nie, huh? Shame. Arme Astertjie.

Maar ag wat.

Ons reël dan ‘n fondue! Onder in Witpoortjie, skuins na 8nm, omdat ek eers foto’s van smoorverliefde paartjies op kombersies in die Tuine gaan neem het, kuier ek saam met Spikes, Pie, Bakkies en my suster want wie gee werklik om? Tannie Spikes-se-ma se tafeldoek is verwoes toe ek warm olie daaroor mors. Jammer, tannie.

Ja, dit is die day of love maar dit hoef nie soetsappig en romanties te wees nie. Wat van liefde vir kos? Wat van liefde vir Witpoortjie, al het die honde heelaand geblaf asof daar ‘n inbraak is? Wat van liefde vir ons veronderstelde losers wat alleen, tog saam ‘n heerlike Valentynsaand kon spandeer sonder om veel geld uit te gee of sweet nothings oor te dra?

As jy ook ‘n Valentynsdag deurgebring het sonder rooi klere, hartjies, cupcakes, kerslig, ‘n piekniek en chocolates is jy een van ons, en jy moet nie lesser voel daaroor nie. Ek weet ook van ‘n paar ander paartjies wat eerder tuis saam was as wat hulle spandabelrig aan die idee van romanse gaan vasklou het. Ek het ook nie ‘n romantiese ete vir twee van die Record en Guvon Hotels af gewen nie, maar ek het darem dêm lekker geëet.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button