‘n Kolwyntjie vir Lekkerrus

Francois Myburgh maak plan om elke Lekkerrus-inwoner op Valentynsdag te bederf.

Francois Myburgh(24) het op Valentynsdag besluit om ‘n ander roete te volg as die res van die wêreld.

Hy het die Record vertel hoe hy eendag verby Lekkerrus geloop het en besluit het dat elke bejaarde inwoner daar sy Valentyn hierdie jaar is.

“Ek geniet die geselskap van bejaarde mense en wou die mense van Lekkerrus herinner dat hulle nie vergeet is nie.”

Francois het Vrydag 14 Februarie by die tehuis by Hulleystraat 6, Witpoortjie opgedaag met ‘n kolwyntjie vir elke inwoner en werker.

“Gelukkige Valentynsdag, tannie,” is oor en oor gesê, gevolg deur ‘n vriendelike drukkie of soentjie, ‘n kolwyntjie en ‘n hartvormige kaartjie.

Francois het self die kolwyntjies gebak aangesien hy vir World Wide Entertainment en WWE Arts & Crafts geleenthede reël, en bak en sjokelades maak vir die geleenthede. Elke kaartjie het sy beste wense meegedeel.

Vir verdere inligting, kontak Lekkerrus by 011 762 1737.

 

Exit mobile version