Bastion-onnie behaal hoogste afrigtingskwalifikasie in SA

"Ons is bevoorreg om haar by ons skool te hê."

Onderwyser van Hoërskool Bastion, Natasha le Roux gaan binnekort die vrugte pluk van al die moeite en toewyding wat sy in hokkie sit.

Sy het onlangs haar vlak 2 hokkie afrigtingskwalifikasie ontvang, wat beteken dat sy kwalifiseer om spanne tot op o.21 nasionale vlak af te rig.

Volgens die skool is vlak 2 die hoogste afrigtingskwalifikasie wat tans in Suid-Afrika behaal kan word. Die vlak 3 kwalifikasie word slegs in die buiteland aangebied. Natasha hoop om so ‘n kwalifikasie in die toekoms agter haar naam te kry, en dat sy graag ‘n breier van ‘n nasionale span sal wil wees.

Tans rig sy Bastion se eerstehokkiespan af en is sy self ‘n gesoute hokkiespeler.

Amanda de Jager, mediawoordvoerder van Bastion het bygevoeg, “Ons is bevoorreg om ‘n afrigter van hierdie kaliber by ons skool te hê. Ons wens haar alles van die beste toe.”

Exit mobile version