Dans 2014 in met die TBK

Die Tradisionele Boeremusiekklub van die Wes-Rand hou hul eerste byeenkoms van 2014 op 1 Februarie.

Maak gereed om 2014 in te dans tydens die Tradisionele Boeremusiekklub (TBK) van die Wes-Rand se eerste byeenkoms op 1 Februarie.

Lid Flip Snyman nooi inwoners om die geleentheid wat by Witpoortjie Ontspanningsentrum, saam te kom geniet. Die sentrum is op die hoek van Suid- en Vermootenstraat, Princess en die verrigtinge begin om 5nm.

Inwoners wat die aand bywoon is welkom om eie eet- en drinkgoed saam te bring. Netjiese drag is ‘n moet.

“Kom geniet egte tradisionele boeremusiek wat aangebied gaan word deur Lourens van Zyl, Hugo Radley, Quintin Morris, Stephaan van Zyl, die Barnards en ander orkeste,” nooi Snyman.

Toegang kos ‘n skamele R50 per persoon en kinders is ook welkom om die geleentheid by te woon.

Vir meer inligting, skakel Flip Snyman by 011 955 3615 of 082 624 5308.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version