Kersete vir 22 haweloses

'n Besigheidsman het Kersfees gevier deur vir 22 haweloses 'n maaltyd voor te sit.

Herman Engelke het die Record vertel hoe hy sy Kersfees spandeer het.

Engelke het die strate in gevaar en op Kersdag (25 Desember) ‘n groot tafel gedek met heerlike geregte wat tradisioneel voorberei is.

“Ek het 22 haweloses – mense met geen heenkome of inkomste nie – genooi,” vertel hy.

Engelke sê graag dankie vir die instansies en individue wat skenkings of ‘n finansiële bydrae gemaak het om ‘n sukses van die ete te maak.

Dit blyk dat Engelke soortgelyke projekte vorentoe wil aandurf. Enige persoon wat ‘n bydrae van enige aard kan maak word aangemoedig om hom te kontak op 082 929 0475 of hom by 626 Ontdekkersweg, Delarey te besoek.

Exit mobile version