Local newsNews

‘n Kraakvars diensjaar met Christ4Life

Sluit aan by Christ 4 Life, 'n interkerklike, nie-winsgewende bediening.

Hennie Brits en dominee Riko Scholts is vreeslik opgewonde om 2014 met ‘n kraakvars, opwindende diensjaar af te skop.

Volgens Hennie is hulle betrokke by Christ 4 Life, ‘n interkerklike, nie-winsgewende bediening.

“Hierdie gaan nie ‘n gewone diensjaar wees nie. Ons fokus om jou te wys dat jou probleme oorkombaar is.”

Hennie vertel dat hul kurses praktiese en teoretiese aanbiedinge op ‘n spontane en gemaklike manier behels, waar betrokkenes hulself kan ontdek.

“Ons vat jou op die pad na innerlike genesing, probleem hantering en nuwe denke.”

Die kursus bied ook die geleentheid om verskeie lewensvaardighede te leer soos noodhulp, rekenaarvaardigheid en beroepsvoorligting. Daarby word mense dan op uitreike gestuur reg oor die land, selfs tot in Mosambiek, vertel Hennie.

Volgens hom het verskeie jongmense wat in 2013 aan die program deelgeneem het weggebreek van dwelmmisbruik, vrygekom van gedrags- en psigiese probleme en as nuwe mense weggestap.

“Hierdie is ‘n geleentheid om jou lewe om te draai.”

Vir enige navrae, kontak gerus dominee Riko by 083 452 2383 of Reinette Klopper by 082 852 0838, of besoek die webblad by www.christ4life.co.za.

Related Articles

Back to top button