CrimeEditor's choiceLocal newsNewsUpdate

“Florida-misdaad onder beheer die afgelope Feestydperk”

Huisrowe neem wel toe en dwelms steeds 'n kopseer.

Daar was niks wat die manne in blou van die Florida Polisiestasie nie kon hanteer nie, het Colonel Rautenbach oor misdaad die afgelope feestydperk gesê.

“Misdaad gedurende die Feestydperk (1 Desember 2013 tot 1 Januarie 2014) was stabiel. Ons het redelike sukses behaal wat ongeveer 250 arrestasies insluit. Daar was wel ‘n toename in huisrowe en dwelms bly ‘n kopseer,” het Rautenbach aan die Record gesê.

“Ons werk was ook makliker gemaak danksy die gemeenskap, ander rolspelers en Johannesburgse Metropolisiediens (JMPD) se samewerking.

“Alhoewel sekere misdade gedaal het, moet ons geweldadige misdade aanspreek en dit tot ‘n minimum beperk want ons wil nie hê die gemeenskap moet in vrees lewe nie”.

Rautenbach het verder gesê, “Alhoewel Operation Duty Calls tot ‘n einde kom (31 Januarie 2014) beteken dit nie dat die polisie hul gewere en boeie gan bêre asook hul sirene gaan afskakel nie.

Operation Duty Calls het in Augustus 2013 begin waar die polisie en ander wetstoepassingsagentskappe alle vorme van misdaad in fases by die horings gepak het.

“Soos reeds genoem sal daar aandag gegee moet word aan geweldadige misdade soos straatrowe, huisrowe en kapings.

Drankmisbruik is nog ‘n prioriteit terwyl dwelms ‘n aanhoudende probleem is maar, ek sal nie sê dit is buite beheer nie, wel onaanvaarbaar.

“Die gemeenskap is op dai punt waar hulle keelvol is en ‘n rol kan speel sodat dienslewering kan verbeter”.

Gevra of die polisie enige probleme ervaar het meen Rautenbach, “As ons nie ‘n probleem het om aan te pak nie, het ons nie werk nie. Daar was niks wat ons nie kon hanteer nie”.

Related Articles

Back to top button