Local newsNews

Spook-bemande kameras wettig

Motoriste sal wel vir oortredings moet betaal wat op dié kameras vasgevang word.

Inwoner Rene Westerveld wou by die Record weet hoe legitiem boetes van oortredings sal wees wat deur ‘n onbemande spoedkamera vasgevang is.

Westerveld het op die oggend van 11 Desember ‘n spoedkamera op Albertina Sisuluweg opgemerk wat nie beman was nie. Twee JMPD lede het wel in ‘n ongemerkte motor oorkant die pad gesit. Die twee was natuurlik gou op hulle perdjies toe Westerveld fotos geneem het van die onbemande kamera en hulle.

Die Record het JMPD woordvoerder Wayne Minnaar gekontak om die saak uit te klaar.

Volgens Minnaar moet laserkameras beman wees maar nie radarkameras nie. Die kamera wat op die genoemde oggend gebruik is, is ‘n radarkamera.

Wat wel interresant is, is dat Westerveld ook op 30 November op dieselfde plek ‘n foto geneem het van ‘n onbemande kamera maar volgens die foto blyk dit ‘n laserkamera te wees.

Lesers is welkom om vir die Record nog foto’s te stuur van sulke onbemande kameras om te bepaal of dit laser- of radarkameras is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button