Local newsNews

Solidariteit verbly kinderhartjies

Solidariteit Helpende Hand en borge sorg vir feesdag vir kleinspan.

Solidariteit Helpende Hand en verskeie borge het seker gemaak dat 14 Desember ‘n dag is wat ‘n span van sowat 30 behoeftigte kindertjies van Krugersdorp-Wes vir ‘n lang ruk sal onthou.

Volgens Adéle Kruger, Solidariteit se Streeksorganiseerder, is die doel om “die vreugde van Kersfees ook na die kindertjies te bring”. Sy het ook bygevoeg dat dit haar droom is dat daar geen behoeftige kind op die Wes-Rand sal wees in die toekoms wat nie deel sal hê aan die Kersfeesgees nie.

Die partytjie en eetgoed op die dag is deur Kinglets and Queenlets geborg en geskenke en fondse is deur Merchant West, Season to Season, Avis (Isando), Clover, CakeTique en De Vos Richards geborg.

Tot groot vermaak van die kindertjies het Kersvader op ‘n ou Ford trok opgedaag nadat die kinders springkastele en ander vermaak eie aan ‘n plaas kon geniet.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button