NewsSchools

Regte Roodie: Anika Loubser (13)

Anika Loubser het haar titel, 'Roodie van die Jaar', deur en deur verdien, vertel 'n trotse oupa.

Anika Loubser het in 2013 bewys dat sy die titel Roodie van die Jaar, waarvoor sy erkenning by Laerskool Roodekrans gekry het, verdien.

Haar prestasies het haar die Roodie-naam laat hoog hou. Anika is aangewys as duxleerling met ‘n 95 persent gemiddeld vir haar vakke en sy het in haar laaste jaar by die laerskool eerste gestaan in die Top 10 van haar graadgroep. Sy is ook aangewys as die Entrepreneur van die Jaar en die KFC Achiever of the Year, wat vir haar ‘n geborgde trofee besorg het wat elke jaar aan die toppresteerder oorhandig word. Volgens trotse oupa Willem Loubser spog sy met 100 persent skoolbesoek vir die afgelope sewe jaar en sy was in Graad 7 die skool se onderhoofdogter.

“Sy het die vakpryse gekry vir ses van haar nege vakke – Wiskunde, Engels, Wetenskap, Ekonomiese en Bestuurswetenskappe, Lewensoriëntering, en Kuns en Kultuur.”

Anika het ‘n vierde plek in die ATKV Gauteng-kompetisie vir uitmuntende spelling in die streek behaal. Sy koester ‘n liefde vir netbal en het in die eerstespan uitgeblink, sowel as vir die eerstespan hokkie gespeel. Haar toewyding tot deelname was ook sigbaar in haar betrokkenheid by landloop, atletiek, redenaars en die skoolkoor.

“Sy het selfs die hoofrol in die skool se revue vertolk – ek weet nie waar kry so ‘n jong kind soveel tyd nie!”

Buite skoolverband het sy ‘n derde plek in die Suid-Afrikaanse klopdanskampioenskappe verdien en medaljes tydens die Suid-Afrikaanse dramakampioenskappe verower.

Volgens haar oupa sien sy vreeslik uit na die hoërskoollewe en sal in 2014 by Hoërskool Noordheuwel begin.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button