Moeder Natuur praat hard

Erge haelskade reg oor die Wes-Rand.

Op 28 November het Moeder Natuur haar stem dik gemaak aan die Wes-Rand.

Teen 3nm was voorstede soos Witpoortjie, Florida en Helderkruin in donker gehul terwyl reën en hael die aarde besaai het. In Randfontein en Krugersdorp word daar beweer dat haelkorrels so groot soos gholfballe was en nog groter skade aangerig het.

Die Record het ‘n blits besigtigingstoer gaan doen en afgekom op verkeerstekens wat omgewaai het, ruite wat uitgeslaan is en motors wat beskadig is.

In Eeufeeslaan en Riethaanstraat in Florida-meer het gevalle bloekombome die pad versper en moes inwoners alternatiewe roetes vind om by hulle bestemmings te kom.

Exit mobile version