EntertainmentLifestyleLocal newsNews

Dans 2013 om by die TBK

Geniet die TBK se laaste dans vir die jaar op 30 November.

Geniet die laaste Tradisionele Boeremusiekklub (TBK) se byeenkoms vir die jaar by die Witpoortjie Ontspanningssentrum.

Op 30 November om 5nm kan belangstellendes by die lede van die klub aansluit om vir oulaas in 2013 saam te dans. Almal is welkom en Flip Snyman, die organiseerder, verduidelik dat die verrigtinge pret vir almal sal wees.

Belangstellendes word aangemoedig om hul eie mandjies met eet- en drinkgoed saam te bring om die aand ten volle te geniet. Die drag is netjies.

Musiek vir die aand sal deur Robbie Holm, Mario du Plessis, Stephaan van Zyl, die Barnards en verskeie ander orkeste verskaf word.

Toegang beloop slegs R40 per persoon en kinders is ook welkom.

Vir verdere inligting, kontak Flip Snyman by 011 955 3615 of 082 624 5308.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button