NewsSchools

Havies sê dankie aan Roodepoort Metal Exchange

Havies se eerstenetbalspan presteer danksy hulp van borg.

Laerskool Dr Havinga se eerstenetbalspan het hierdie jaar nie net tot die Gauteng-finale deurgedring nie maar ook elfde in die provinsie geëindig.

Deel van hulle sukses is te danke aan die borgskap van Roodepoort Metal Exchange (RME). Die onderneming het hulle ‘n kontant bedrag gegee vir uitrustings en toerusting.

Karabo Mkhaya (12), hulpdoel van die span, het ook haar Gauteng-kleure ontvang.

Op 15 November het sy en spanmaat Chrizelle van Aarde (12) vir die eienaars van RME, Clive en Brenda Beckett, gaan dankie sê deur ‘n pragtige spanfoto vir hulle te vat.

RME beplan om volgende jaar weer die skool te ondersteun.

Related Articles

Back to top button