Westgate bushalte ‘n nes van euwels

 ‘n Geruime tyd word vrae reeds gevra rondom veral studente en skoolleerlinge se manewales by die Westgate-inkopiesentrum se Metrobushalte. Op 25 Oktober is die wangedrag egter tot die spits gedryf toe ‘n student (19) doodgesteek is oor R10 na ‘n rusie gedurende ‘n dobbelspeletjie. Die Record het met meer as een anonieme Metrobus werknemer gepraat …

 ‘n Geruime tyd word vrae reeds gevra rondom veral studente en skoolleerlinge se manewales by die Westgate-inkopiesentrum se Metrobushalte.

Op 25 Oktober is die wangedrag egter tot die spits gedryf toe ‘n student (19) doodgesteek is oor R10 na ‘n rusie gedurende ‘n dobbelspeletjie.

Die Record het met meer as een anonieme Metrobus werknemer gepraat wat die euwels kon bevestig. Vrydae gaan dit glo die lekkerste by die halte. Dagga word openlik gerook, drank word deur minderjariges misbruik en passasiers wat wag word geïntimideer. Die bestuurder van die halte se kantoor is ook al ‘n slag vir geen rede onder die bottels gesteek.

Met die Record se besoek het een groep studente wat gewag het die bewerings beaam maar gou bygevoeg dat hulle “nie almal so is nie”. Hulle het ook toegelaat dat die Record hulle afneem.

‘n Tweede groep was minder toegeeflik en wou nie afgeneem word of “die ware storie” vertel sonder vergoeding nie. In hulle hip-hop bende-styl uitrustings en agterdogtige bloedbevlekte oë het hulle wel laat val dat “daar ‘n storie agter die storie is” maar dat hulle weier om sonder vergoeding te praat. Hulle maak aanspraak daarop dat hulle die oorledene en die aanvaller goed ken.

Daar is ook bewerings dat die drank wat so vrylik vloei by die drankwinkel by ingang vyf gekoop word.

Nuwe eienaar van die drankwinkel Nuno Goncalzes het die aantuiging ten sterkste ontken en gesê dat behalwe vir die wetlike aspek hulle ook moreel baie sterk staan teen die verkoop van drank aan minderjaardiges of aan persone wat onder die invloed mag wees.

Die Record het ook Metrobus genader vir kommentaar.

Exit mobile version